Rappies wys hul ninja-vaardighede

Rappies het 'n onlangse uitstappie as 'ninjas' terdeë geniet om die 2024-fondsinsamelingsprojek af te sluit.

Laerskool Rapportryer se leerders het onlangs ’n onvergeetlike dag beleef toe hulle beloon is met ’n uitstappie na Northgate se Total Ninja.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel was die uitstappie ‘n hoogtepunt vir die leerders. Sy het bygevoeg die leerders het die dag verdien en was dit gereël as beloning vir die 2024-fondsinsamelingsprojek.

Leah Labuschagne en Olivier Marx geniet ‘n ete saam.

“Die leerders het elke oomblik geniet en mekaar aangemoedig om die struikelblokke met selfvertroue aan te pak,” het sy gesê.

Sy het verder uitgespreek dat die dag vol lag, spanwerk en groot opwinding was terwyl die Rappies hul beskikbare vaardighede op die buiteveld ten toon gestel het.

Sy het elke ouer en leerder bedank wat hard gewerk het om die fondsinsamelingsprojek van 2024 ’n groot sukses te maak.

Een van die hindernisse by Total Ninja.

“Ons waardeer almal se toewyding en ondersteuning, en dit is wonderlik om te sien hoe almal hulself so geniet,” het sy gesê.

Sy het ook genoem dat die skool se fondsinsamelingspan reeds uitsien na volgende jaar se fondsinsamelingsprojek en hoop om nog groter sukses te behaal.

Exit mobile version