Schools

Rappies bereik nuwe hoogtes in jukskei

Laerskool Rapportryer se o13-jukskeispan het nuwe hoogtes bereik tydens die Noordvaal-toernooi.

Laerskool Rapportryer se jukskei-leerders het onlangs hul staal gewys tydens die gesogte Noordvaal-toernooi wat in Boksburg plaasgevind het.

• Lees ook: Rappies se jukskeispanne het hul oë op Noordvaalbeker

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het die o13-seunspan ‘n trotse tweede plek verower nadat hul teen taai kompetisie te staan gekom het. Sy het bygevoeg daar was drie uitblinkers daardie dag gewees wat uitstekende spel getoon het, naamlik Lukas Benecke, Dawid de Lange en Theadri Blignaut.

“Die span het harde werk en toewyding aan die dag gelê, wat duidelik gesien kon word in hul uitslae,” het Celeste gesê.

Met hierdie sukses agter die rug, sien Laerskool Rapportryer se leerders nou uit na hul volgende groot uitdaging. Celeste het genoem dat Rappies gereed is om weer te presteer en hul skool se naam hoog te hou.

Ons is ongelooflik trots op elkeen wat deelgeneem het ons skool is geseënd met leerders wat hulle talente ten volle uitleef en gebruik!”

Related Articles

Back to top button