Hoërskool Riebeeckrand reik uit na die gemeenskap

Die skool het onlangs 'n projek gehad waar hulle kos en persoonlike produkte vir hul voedingskema ingesamel het.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs verskeie nie-bederfbare kos en persoonlike produkte vir hul Care Box-projek ingesamel.

Diana Nel, skoolwoordvoerder het verduidelik die leerders het vir ‘n maand lank in klas verband die produkte ingesamel.

Die netbalmeisies het produkte ingesamel vir Projek Annebelle. Foto ingestuur.

Hulle het toe torings gebou met die ingesamelde produkte en dié met die meeste produkte het pryse ontvang. Die graad 11’s is aangewys as die klas met die hoogste toring.

Peet de Bruin by een van die torings. Foto ingestuur.

Die netbalmeisies het weer produkte vir Projek Annebelle ingesamel. Die voedingskema is daarop gemik om leerders in die skool en kerke in die gemeenskap te help.

Rina Botha meet die toring. Foto ingestuur.
Rhuan van der Fyver en Johanne Odendaal. Foto ingestuur.
Exit mobile version