Schools

RAM se pom-pom groepe blink by verskeie kampioenskappe

Tydens die D2-kampioenskappe en RACA Eisteddfod behaal Laerskool Randfontein se pom-pom groepe indrukwekkende resultate.

Laerskool Randfontein se pom-pom groepe beïndruk die beoordelaars tydens beide die D2-kampioenskappe en RACA Eisteddfod.

RAM Ignite het ‘n tweede plek by die D2-kampioenskappe uit ‘n groep van 11 skole behaal. By die RACA Eisteddfod het hulle weer ‘n diamanttoekenning losgeslaan.

RAM Ignite. Foto ingestuur.

RAM Extreme het die eerste plek by die D2-kampioenskappe behaal en is aangewys as die span met die hoogste algehele telling vir die dag.

By The RACA Eisteddfod het hulle ook ‘n diamanttoekenning ontvang.

“Dit was ‘n besonderse goeie aand vir RAM Ignite. Ons sê ook baie dankie aan almal wat ons ondersteun het,” het Annie Nolan, skoolwoordvoerder, gesê.

Op 14 September neem albei spanne weer deel aan die Clash of the Titans by Silverstar Casino.

Related Articles

Back to top button