Laerskool Gerrit Maritz Primary se leerders het bewys dat daar jong sakemanne in hul midde is.
Op 30 Augustus het die skool se graad 7-leerders ‘n suksesvolle entrepreneursdag gehou. Leerders het onder meer baie produkte te koop gehad, insluitend kolwyntjies, oliebolle, lekkers en vele meer.