Schools

Vierjarige steel RACA-beoordelaars se harte

Klein Mieke maak groot opslae by die RACA Eisteddfod en steel selfs die beoordelaars se harte met haar unieke gedigte.

Mieke van Deventer (4) is op pad na uitnemendheid nadat sy sukses behaal het by die RACA Eisteddfod waar sy baie harte met haar talente gesteel het.

Die RAMKriekies-leerder het onlangs in verskeie kategorieë by die RACA deelgeneem, naamlik Afrikaanse poësie gedramatiseer, Afrikaanse poësie nie gedramatiseer, Afrikaanse Bybelprosa en Engelse poësie nie gedramatiseer.

Mieke se ma, Chane, het vertel hoe trots sy is op haar prestasies. Die vierjarige taalmeester het altesaam drie diamant- en een platinumtoekennings by die geleentheid ontvang.

Klein Mieke se optredes het selfs die beoordelaars verstom.

Mieke se onlangse sertifikate van die RACA Eisteddfod.

“Jy steel altyd my hart. Jy het soveel energie en jou selfvertroue is ongelooflik. Jy is op pad na uitnemendheid. Hou aan om terug te kom. Jy het my hart,” het een van die beoordelaars gesê.

Chane het gesê Mieke hou daarvan om gedigte voor te dra en liedjies te sing. Daarom het Mieke besluit dat sy aan RACA wil deelneem.

“”Hierdie mamma se hart bars van trots. Sy het soveel selfvertroue en is absoluut mal oor die lewe. Sy is altyd so gelukkig,” het Chane gesê.

Related Articles

Back to top button