Schools

Riebeeckrand spog met twee Noordvaalse rugbykampioene

Twee spanne van Hoërskool Riebeeckrand spog met die Noordvaal-titel ná puik oorwinnings in die eindstryd.

Hoërskool Riebeeckrand se eerste- en o14-rugbyspanne het in die eindstryd van die Noordvaalbeker beïndruk deur as kampioene weg te stap.

Die finaal het op 17 Augustus by Hoërskool Linden plaasgevind.

Riebeeckrand se o14-span het eers 24–12 met Hoërskool Wolmaransstad afgereken voordat Riebeeckrand se eerste span die tuisskool Linden, met 31–18 verslaan het.

Vir die eerste span het Caleb Hadebe en Zac Smith elk een drie gedruk terwyl kaptein Xander Wray met twee drieë kon spog. Peet de Bruin het ook vier doelskoppe en een strafskop oorgeklits. Die uitblinkers van die wedstryd was Xander, Peet en Terry Billa.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button