Schools

Rappies en ses ander meet kragte in mini-hokkie en -krieket

Laerskool Rapportryer het 'n mini-hokkie en mini-krieketdag aangebied met groot sukses – ses ander skole inlsuitend Kennies van Krugersdorp en Fochville was deel van die pret.

Leerders van Laerskool Rapportryer het gewys wat in hul steek tydens hul jaarlikse mini-hokkie en -krieket sportdag op 17 Augustus.

‘n Aantal skole was ook deel van die dag naamlik Laerskool Fochville, Laerskool Randfontein, Laerskool Dagbreek, Laerskool Losberg, Laerskool Kenmare en Randfontein Primary. Die verskeidenheid ouderdomsgroepe in aksie was die o6-, o7-, o8- en o9-spanne.

Volgens Celeste Wentzel, Rappies skoolwoordvoerder, het die dag seepglad verloop onder organiseerders Sunél Bezuidenhout en Amanda Barnard.

Leon Haupt (hoof van Laerskool Randfontein) en André Kruger (hoof van Laerskool Rapportryer) saam met Rappiesaurus, Rapportryer se gelukbringer.

Die skool se eerste hokkiespan het die leiding geneem en as bekwame mini-hokkie-skeidsregters vir die dag opgetree en vir 40 wedstryde geblaas.

“Hulle het hul goed van hul taak gekwyt, en vele komplimente het ingestroom vanaf toeskouers. Dit was lekker om aan die ander kant van die wedstryd te wees,” het o13-skeidsregter vir die dag, Melinique Cronjè, gesê.

Celeste het die belangrikheid genoem om sulke dae aan te bied.

“Dit bied aan skole die geleentheid om hande te vat en bande te bou. Deur samewerking en deelname aan sportaktiwiteite ontwikkel ons nie net ons kinders se sportvaardighede nie, maar ook hul sin vir gemeenskap en samewerking,” het sy verder verduidelik.

Sy het verder gesê dat leerders nie net die geleentheid gehad het om sport te geniet nie, maar ook om te smul aan heerlike hamburgers en ander lekkernye wat aangebied is. Daar was selfs speelgoed beskikbaar, wat vir groot opwinding onder die jonger deelnemers gesorg het.
“Die dag het gewys dat wanneer ‘n skool saamstaan, groot dinge vermag kan word. Ons organiseerders sien nou al uit na volgende jaar se geleentheid,” het sy afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button