Schools

‘n Nuwe spieël om selfbeeld te versterk by Rappies

Laerskool Rapportryer se fotodagvieringe en projek se doel om leerders se selfbeeld te versterk.

Laerskool Rapportryer vier nie net Vrouemaand in Augustus nie, maar ook Nasionale Fotodag met ‘n oorspronklike inisiatief.

Op 19 Augustus is die ouers sowel as gemeenskapslede uitgedaag om hul gunsteling foto’s op Laerskool Rapportryer se Facebook-blad te plaas.

Celeste Wentzel, skoolwoordvoerder, het toe verder verduidelik dat die skool se bemarkingspan ‘n unieke projek van stapel gestuur het.

Carli Minnie (graad 3) en Mia Crous (graad 1) saam met Nicolene van Dyk.

“Verskeie personeel en leerders het toe die geleentheid gehad om foto’s voor die selfversekeringspieël te neem. Hierdie spieël, wat in die skool se badkamers gehang is, is versier met inspirerende vinielplakkers wat ontwerp is om die meisies van die skool daagliks te motiveer,” het Celeste gesê.

Die projek is deur adjunkhoof Chris Ras aangepak en die inspirerende plakkers is deur Linmari van der Westhuizen van Grain and Glitter verskaf en aangebring.

Celeste het verder uitgespreek dat die idee agter die spieël is dat die meisies elke keer as hulle verbystap ’n positiewe boodskap aan hulself kan rig.

“Hierdie projek sal die leerders se selfbeeld versterk. Ons wil hê elke meisie wat hier skoolgaan moet weet dat sy in staat is om enigiets te bereik. Hierdie spieël is ‘n daaglikse herinnering aan hul waarde en potensiaal,” het Celeste afgesluit.

Related Articles

Back to top button