Groot sukses vir Rappies-skaakspelers

Laerskool Rapportryer is in hul nopppies nadat hul die titel as beste skaakskool in die Wes-Rand verower het in Carletonville.

Laerskool Rapportryer se vyf skaakspanne het onlangs aan die D2 skaakfinaal by Carleton Jones High School in Carletonville deelgeneem en uitgeblink.

Shani Roos.

Daar het Rappies met die titel as beste skaakskool in die Wes-Rand weggestap.

Louryn Jordaan.

Drie uit die vyf spanne het plekke behaal. Die o9-span het ‘n gesogte eerste plek behaal terwyl die o13-dogterspan tweede plek verwerf het. Die o13-seunsspan het ook ‘n tweede plek behaal.

Ruben van Vollenhoven.

“Skaakkoors loop hoog hier by Laerskool Rapportryer. Beide ouers en leerders ervaar skaak op die beste en sien die waarde wat dit toevoeg,” het skoolwoordvoerder Celeste Wentzel vertel.

Exit mobile version