Rappies-langasems voor in die landloopkoor

Laerskool Rapportryer se landloopseisoen het afgeskop op 'n suksesvolle noot.

Laerskool Rapportryer se leerders het hul eerste landloopbyeenkoms op 19 Julie aangepak en sien uit na die res van die seisoen.

Met lang asems en sterk bene het Rappies se landloopleerders gewys hul is slaggereed vir enige uitdaging.

Twané Koekemoer en Mieke Fouché hou sterk aan.

Skoolwoorvoerder Celeste Wentzel het bygevoeg daar is groot opgewondenheid en trots vir wat nou voorlê.

“Die landlopers het hul deursettingsvermoë en uithouvermoë getoon deur ‘n uitdagende roete te voltooi. Rappies is trots op elke leerder wat deelgeneem het en dit was duidelik merkbaar. Die skool en die ouer gemeenskap is ongelooflik opgewonde oor die toekoms van Rappies se landloopspan,” het sy verduidelik.

Exit mobile version