Pannekoek en pajama-dag by Rappies

Rappies het uitgestaan met kleurvolle pajamas en die reuk van vars gebakte pannekoek.

Beide leerders en onderwysers van Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n opwindende pannekoek en pajamas-dag gehad.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het elke leerder gespog met hul gunsteling pajamas en die onderwysers het nie gehuiwer om deel te wees van die geleentheid nie.

Onderwysers Tionette Pretorius, Suzette Luus en Mariska van der Merwe.

“Die dag was nie net prettig nie, maar dit het die skool ‘n geleentheid gegee om spanbou te oefen en die skooljaar meer opwindend te maak. Dit was wonderlik om te sien hoe die kinders en onderwysers saamwerk en net lekker kuier. Ons het almal nodig om soms te ontspan en hierdie dag het net die regte toon geslaan,” het Celeste gesê.

Tayline en Fransisca Rodrigues.

Laerskool Rapportryer se pannekoek en pajama-dag was volgens Celeste ‘n groot sukses en het ‘n glimlag op elke leerder se gesig gelaat. Celeste het bygevoeg dat dit ‘n tradisie is wat Rappies graag sal wil voortsit.

Exit mobile version