Schools

Rappies landloopatlete toon volharding

Laerskool Rapportyer se landloopatlete word uitgedaag deur die koue weer, maar laat nie toe dat dit hul keer nie.

Die koue weer is geen uitdaging vir Laerskool Rapportryer se landloopatlete nie.

Op 12 Junie was Rappies se landloop volstoom aan die gang terwyl die atlete uitstekende tye aangeteken het.

Dit is volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel wat bygevoeg het dat die hoogtepunt van die dag die graad 3-juniorraad se stalletjies was. Die verskeidenheid stalletjies het gesorg vir lekkernye wat deur die atlete en toeskouers geniet was.

Organiseerders Gordon Taylor en Mariska van der Merwe het aan die einde van die dag elke ouer bedank vir hul onmisbare ondersteuning.

“Ons kon nie hierdie dag sonder die hulp van die ouers en gemeenskap moontlik gemaak het nie. Die samewerking en entoesiasme van almal betrokke was werklik merkwaardig,” het Gordon vertel.

“Met ‘n gees van kameraadskap en deursettingsvermoë was die landloop ‘n sukses en ons as Laerskool Rapportryer sien reeds uit na die volgende byeenkomste. Die koue het dalk gebyt, maar dit kon beslis nie die gees van hierdie skoolgemeenskap demp nie,” het Celeste gesê.

Related Articles

 
Back to top button