Schools

Wiele rol vir ‘n goeie doel by RAM

Plaaslike skool sluit die kwartaal met 'n pretbelaaide Kaskardag af.

Laerskool Randfontein het die tweede kwartaal met ‘n Kaskardag afgesluit.

Hoof van die skool, Leon Haupt, het verduidelik hulle jaarlikse Kaskardag is een van die grootste fondsinsamelingsprojekte van die jaar.

Marius Fourie sit in die kaskar met George Ehlers links en Joshua du Preez regs.

Dit is egter nie net in kaskarre wat die kinders kon ry nie. Hulle kon ook hulself vermaak op die springkastele of smul aan die lekkernye wat te koop aangebied was.

Die graad 2’s het soos hoenders aangetrek.

“Dit is ‘n lekker manier om die kwartaal af te sluit. Dit is ook ons manier om vir die leerders dankie te sê vir hulle harde werk deur die loop van die kwartaal op akademies, sport en kultuur gebied,” het Leon verduidelik.

Mckayla Beylefeld bestuur die kaskar met Queen Molale en Samkelo Mabena wat stoot.

Hy het bygevoeg die fondse word aangewend vir die verbetering van die skoolterrein.

Jayden Coetzee op die glybaan.
Die graad 7-klas wat soos ‘gevalkde olifante’ aangetrek het.
Zane Nortje geniet elke oomblik op die glybaan.

Related Articles

 
Back to top button