Schools

Rappies vier alle pa-figure in die gemeenskap

Laerskool Rapportryer vier Vadersdag op 'n unieke manier wat vir lank onthou sal word.

Laerskool Rapportryer het vanjaar Vadersdag op ‘n besonderse manier gevier.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel is elke pa met ‘n spesiale boodskap bederf deur die Hoezitsamelewing – ‘n bekende sosialemediaplatform en handelsmerk geskep deur Francois Boyce.

Celeste het bygevoeg die Hoezitsamelewing deel gedagtes oor wat dit beteken om die beste pa te wees en by Rappies was dit met ope arms verwelkom.

Beheerliggaam voorsitter Tertius Bootha saam met sy seun Sian Bootha en dogter Amari Bootha.

“Gedurende die Covid-tydperk was ons gemoedere laag en Francois het ons personeel kom toespreek en bemoedig met die boodskap: Wie is jou vangnet in die lewe? Dis waarom ons dit goedgedink het om hom te vra (wie intussen ook ‘n pa geword het) om sy hart met ons te deel,” het Celeste verder gesê.

Boyce se boodskap is as volg. “Om ‘n goeie pa te wees, gaan oor liefde, tyd, en die teenwoordigheid in jou kinders se lewens. Kommunikasie is sleutel. Luister na jou kinders, verstaan hul drome en vrese, en wees daar vir hulle, ongeag wat gebeur. Vaderskap is ‘n reis van onvoorwaardelike liefde en geduld.”

Micayla, Mackie en Dylan Adlem.

Celeste sê verder dat die Vadersdagviering nie net die vaders spesiaal laat voel op Vadersdag nie, maar ook die gemeenskap laat verening.

“Dit was ‘n dag van waardering, liefde, en diepgaande insigte wat beslis vir ‘n lang tyd sal weerklink,” het sy afgesluit.

Related Articles

Back to top button