Rappies sit hul beste voetjie voor op Pantoffeldag

Pantoffeldag by Laerskool Rapportryer lei nie net tot 'n warm dag nie, maar ook 'n dag van kreatiwiteit en samehorigheid.

Laerskool Rapportryer het onlangs ‘n opwindende Pantoffeldag gevier waar talle leerders met hul pantoffels gespog het.

Beide leerders en onderwysers het die voorreg gehad om ‘n koue wintersoggend te begin met pantoffels. Van dierepantoffels tot bont en kleurvolle ontwerpe, was daar ‘n verskeidenheid van kreatiwiteit en persoonlikheid te sien.

Dit is volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel wat bygevoeg het dat die dag groot indruk onder die leerder geskep het.

Logan lee Canty en Elandi Fourie vier Pantoffeldag met hul unieke pantoffels.

“Pantoffeldag was ‘n groot sukses! Dit was wonderlik om die kinders so gelukkig en gemaklik te sien. Die gees was ongelooflik groot, en dit het beslis die koue dag opgevrolik,” het Celeste vertel.

Sy het verder beklemtoon dat die klaskamers met lag en geselligheid gevul was. Sy het vertel dat die onderwysers glad nie gehuiwer het om deel te neem nie.

“Baie het pantoffels aangetrek wat by hul persoonlikhede pas, en dit het ‘n gevoel van samehorigheid en pret bevorder. Pantoffeldag het nie net vir warmte gesorg nie, maar ook vir ‘n band tussen leerders en onderwysers wat almal met ‘n glimlag huis toe gestuur het. Laerskool Rapportryer het weereens bewys dat hulle nie net ‘n plek van akademiese prestasie is nie, maar ook ‘n gemeenskap waar pret en kreatiwiteit gevier word,” het Celeste afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version