Schools

Demokrasie: Jonger generasie laat hul stemme hoor

Laerskoolleerders mag dalk nie op hierdie stadium stem nie, maar hul het dit duidelik gemaak aan die ouer generasie wat demokrasie beteken.

Met die fokus op vanjaar se nasionale verkiesing en die land wat 30 jaar van demokrasie vier, het die Randfontein Herald besluit om by Laerskool Randfontein te gaan inloer om hul leerders se opinies te hoor oor wat demokrasie vir hul beteken.

Angeline Williams het verduidelik, “Vroeër jare kon mense van ander rasse nie stem nie as gevolg van apartheid en vandag kan hulle. Dit is wat demokrasie vir my beteken.”

Dian van Heerden.

Dian van Heerden het gesê, “Demokrasie beteken vir my almal is gelyk.”

Shevonne Botma.

Shevonne Botma het bygevoeg, “Dit maak nie saak wat die kleur van jou vel is nie, niemand kan jou anders behandel nie.”

Iwanje Viljoen.

Iwanje Viljoen het gesê, “Vir my beteken demokrasie dat niemand vir ‘n ander persoon kan sê jy is swart of wit en daarvoor mag jy nie stem nie. Jy mag enige tyd stem vir die persoon wat jy voel is reg om die land te lei, solank jy 18 is.”

Tshire Kalimashe.

Tshire Kalimashe het bygevoeg, “Demokrasie is waar almal gelyke regte het. Daar is niks wat een mag doen wat ‘n ander nie mag nie, tensy jy ‘n kind is en die wette rakende stem en drink ensovoorts tel.”

Nastia Botes.

Nastia Botes het afgesluit, “Almal kan alles doen binne die wet. Mense mag nie vir ‘n ander sê jy mag nie iets doen teen hul eie wil nie. Daarvoor het ons ‘n grondwet en regte.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button