Schools

Skaakmat!

Rappies-skaakspanne maak groot aanslaag tydens die Randfonteinliga en beplan om nog sukses te behaal.

Laerskool Rapportryer het die oë laat rek nadat hul as ligawenners gekroon is.

Rappies se skaakspanne het hul merk gemaak tydens die D2 Randfonteinliga Skaaktoernooi wat tussen 27 April en 15 Mei plaasgevind het. Die onder ses tot o13-spanne het elk eerste plek behaal.

Skoolwoordvoerder Celeste Wentzel het vertel dat die spanne hul opponente verslaan het deur ‘n kombinasie van strategie en vaardighede. Volgens haar is hierdie oorwinning die resultaat van maande se toegewyde beplanning en oefening.

Ziva Alberts.

Afrigters Harry en Annelize Collins asook Frieda Shannon het ‘n rol gespeel in die spanne se oorwinning en volgens Celeste was elke leerder voorberei vir alle moontlike uitdagings.

“Dit is ‘n ongelooflike prestasie vir ons skool en ons span. Ons is ongelooflik trots op die leerders wat hul talente en deursettingsvermoë getoon het. Ons skaakspanne het die naam van Laerskool Rapportryer hoog gehou en ons is dankbaar vir die ondersteuning van die ouers, families en die breër gemeenskap.

“Hierdie oorwinning sal beslis as ‘n glorieryke hoofstuk in die annale van Laerskool Rapportryer opgeteken word en dit inspireer toekomstige generasies om ook hul drome na te jaag. Ons hou hierdie spanne dop waar hulle op 20 Julie gaan meeding teen die res van die Krugersdorp sirkel,” het Celeste afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button