Schools

Rappies vier Moedersdag met voete

Laerskool Rapportryer het Moedersdag met 'n unieke fotoprojek gevier.

Rappies se graad 1-leerders het vanjaar Moedersdag op ‘n besonderse manier gevier deur ‘n spesiale fotosessie saam met hul ma’s te hou.

Die skool het die leerders gevra om ‘n foto van hulle eie skoene saam met hulle ma’s s’n af te neem.

Een van die ma’s met haar kind.

Volgens skoolwoordvoerder Celeste Wentzel was die doel van die projek om die boodskap oor te dra dat niemand ‘n mamma se skoene vol kan staan nie. Verder veruidelik sy dat die projek die invloed van ma’s op hul kinders beklemtoon het. Sy het bygevoeg dat die boodskap dit weereens duidelik gemaak het dat elke kind in hulle ma se voetspore wil volg.

‘n Mamma en haar seun wat deelgeneem het aan die projek.

“Ons wou iets spesiaal en betekenisvol vir Moedersdag doen, en ons glo hierdie projek het dit reggekry. Die foto’s is ‘n simbool van die sterk band tussen ma en kind en wys hoe elke kind hulle ma bewonder en aspireer om soos hulle te wees,” het sy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button