Schools

Groot bederfdag vir Randpoort-moeders

Meer as 50 bejaarde oumas en ma's van Randpoort Tuiste is deur kleuters bederf.

Die Bob and Wendy Kleuterskool het onlangs Randpoort Tuiste inwoners bederf met geskenke vir Moedersdag.

Op 10 Mei het skoolhoof Yolandé Jansen van Vuuren en twee naskool leerders, Carlynn Heunis en Lené Mörsner, vir Randpoort gaan kuier. Randpoort inwoners het sjokelade en Moedersdag kaartjies ontvang. Volgens Yolandé het meer as 50 bejaarde vroue die geskenke ontvang.

Yolandé het ook ‘n gedig met die titel ‘Wat is ‘n ouma’ voorgelees.

Alhoewel daar ‘n handvol bejaardes was wat te siek was om die geleentheid by te woon, het hul die geskenke persoonlik vir die bejaardes gaan gee.

“Dit het my hart so bly gemaak om al die waardering op elkeen se gesigte te sien. Een van die oumas het persoonlik dankie gesê dat ons so aan hulle dink,” het Yolandé bygevoeg.

Related Articles

Back to top button