Bly fiks, bly sterk: Rappies se fiksheid inisiatief het almal op hul tone

Laerskool Rapportryer se nuwe fondsinsamelingsprojek fokus op die bewusmaking van 'n gesonder leefstyl.

Laerskool Rapportryer het inisiatief geneem om ‘n nuwe fondsinsamelingsprojek te begin wat ‘n blywende impak op die gesondheid en welstand van oud en jonk gaan maak.

In ‘n onverwagte draai van gebeure, het Laerskool Rapportryer besluit om hul jaarlikse fondsinsamelingsprojek ‘n vars aanslag te gee. Organiseerders Ziskia Geldenhuys, Celeste Wentzel en adjunkhoof Chris Ras deel hul opgewondenheid oor die nuwe rigting wat die projek alreeds begin neem het.

Hierdie projek het ‘n netwerk van plaaslike besighede betrek, naamlik Este Lubbe van Evolve, Melanie Cronje van Suck it up Buttercup Rebounding en Mandi Landsberg van 4Strong Fitness.

Ziskia Geldenhuys.

Volgens Celeste dien hierdie projek as ‘n geleentheid om die gemeenskap bewus te maak van die noodsaaklikheid van ‘n gesonde leefstyl.

Sy het bygevoeg dat Rappies-leerders op 5 Junie kragte gaan meet tydens hul Uithouvermoë Uitdagingsdag. Sy het vertel dat die leerders op dié dag hul fiksheidvlak gaan beproef deur 10 oefenrondtes te voltooi.

“Met hierdie vernuwende benadering hoop Rappies om ‘n blywende impak te maak op die gesondheid en welstand van oud en jonk, en deur suksesvol daarmee te wees, ook dan ‘n gelukkiger Randfontein gemeenskap te word,” het Celeste gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version