Schools

Graad 4’s oor lees: Hoekom is lees belangrik?

Laerskool Randfontein se graad vier-leerders oor hul liefde vir lees.

Die Randfontein Herald het gaan inloer by Laerskool Randfontein se graad 4-leerders om uit te vind hoe belangrik lees is.

Cayleb Smit het vertel dat hy mal oor lees is. Een van sy gunsteling boeke is Vampire Diaries. Hy lees ook graag storieboeke vir sy sesjarige broer. Volgens Cayleb is lees belangrik omdat dit help om jou brein te ontwikkel. Cayleb wil eendag dik boeke lees met baie woorde.

Cayleb Smit.

Micke Rogers is nog ‘n graad 4-leerder wat boekmal is. Verlede jaar op 13 Oktober het Micke eerste plek verwerf in die Afrikaanse ‘spel-a-thon’ en begripslees kompetisies. Haar gunsteling boeke sluit in Diary of a Wimpy Kid en Matilda. Micke beveel alle leerders aan om te lees sodat hulle denke vars bly. Micke vertel ook dat sy sedert graad R al ernstig lees.

Micke Rogers.

Alhoewel Shaun Kleynhans dit geniet om boeke te lees, vertel hy dat sekere boeke deesdae net te veel blaaie het met te veel klein gedrukte woorde. Volgens Shaun het hy al ongeveer 40 boeke gelees.

Onalenna Mogalobe sê sy geniet dit eerder om koerant te lees.

“Dit is korter en kragtiger en meer opwindend as om ‘n boek te lees,” vertel sy.

Shaun Kleynhans en Tiffany van Rooyen.

Vir Tiffany van Rooyen is lees nie alledaags nie en alhoewel haar gunsteling heilige boek die Bybel is, is sy nog opsoek na daardie fantasie of roman boek wat die ‘boekwurm’ binne haar gaan wakker maak.

Related Articles

Back to top button