Schools
Drie Rappies haal Jomo inter-distrikproewe
Laerskool Rapportryer is trots op drie o13 netbaldogters wat aan die Johannesburg en Mogale (Jomo) inter-distrik netbalproewe deelgeneem het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2024/03/417702711_935671311_67984.jpg)
Drie Laerskool Rapportryer netbalspelers het onlangs op die netbalbaan beïndruk.
Verlede maand het die skool se o13 netbaldogters aan die Rand-Wes proewe deelgeneem en ses Rappies-dogters is toe gekies om aan die finale proewe deel te neem.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2024/03/417549212_935671671_22849-e1710316834805-263x400.jpg)
Qwinzelle van Greunen, Zenelle Ehrke en Du-Annique Griffiths het deurgedring en aan die Johannesburg en Mogale (Jomo) inter-distrik netbalproewe, wat op 11 Maart by Krugersdorp High School plaasgevind het, deelgeneem.
Rapportryer se onderhoof, Chris Ras, wens die dogters voorspoed vir die netbalseisoen wat voorlê.