Schools

‘n Bidbeer vir elke Rappies-leerder

Hannie Jonker en haar breispan het daarin geslaag om meer as 100 bidbere te brei vir 'n goeie doel.

Hannie Jonker en haar span het onlangs meer as 100 teddiebere gebrei vir Laerskool Rapportryer se minderbevoorregte kinders.

Op 13 Februarie het Hannie die skool besoek en ‘n beer aan elkeen oorhandig.

“Die bere het elk ‘n rugsakkie agter wat gebruik word om briefies van die leerders te hou. Die briefie behels dan wat die leerders pla en waaroor hul graag wil bid. Daarna is daar vir hierdie leerders gebid. Die vreugde en blydskap op die leerders se gesigte maak op vir al die ure se brei en harde werk,” het Hannie verduidelik.

Die meer as 100 bere wat gebrei is.

Juffrou Julanda Olivier het bygevoeg dat Hannie die vorige week begin het met slegs 60 bere. Sy het op die ou einde genoeg bere gebrei vir al die leerders.

“Ek bid vir ‘n sekere getal beertjies en dit word altyd voorsien,” het Hannie gesê.

Hannie se nuwe projek sluit in om vir elke klas in Rapportryer en die personeel ‘n bidbeer te brei.

“Dankie Tannie Hannie en jou breispan. Julle het baie harte bly gemaak en weer hoop gegee,” het Julanda vertel.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button