RAMkriekies vat die kollig as super atlete

Die RAMkriekies het gespog met talent op die atletiekveld.

Laerskool Randfontein se kleuterskoolleerders het onlangs baljaar by die RAMkriekies speletjiesdag.

Op 17 Februarie het RAM se kleuters ‘n dag geniet met nege items waaraan die groepe kon deelneem. Hierdie items sluit in Monkeynastix, sakkie- en lepelresies, trampolien spring, oliebolle eet, die hoepelhindernisbaanstasie, die fotostasie, boontjiesakgooi, hekkies en sakresies.

Dianco Tiedt.

Leerders van die ouderdom van twee tot ses jaar het prettig aan die items deelgeneem en almal was as wenners verklaar. Die doel van die atletiekdag was om genot te pluk van die warm dag en familietyd deur te bring.

Zaydee Pelser.

Die kleuters was in kleurspanne verdeel volgens ouderdomsgroepe om hul beter uit te ken. Die twee tot drie jarige kleuters het goud gedra, die drie tot vier jarige kleuters groen en rooi, die vier tot vyf jariges swart, geel en oranje en die vyf tot ses jarige groep pers, pienk en blou.

Kayla Christie.

“Dit was ‘n suksesvolle dag gewees en almal is moeg maar tevrede huis toe,” vertel juffrou Annalie Grobbelaar.

Jordan Pretoruis gooi ‘n boontjiesak.
Hailey Holtzhausen.
Exit mobile version