Schools

Poortloopseremonie vir Riebeeckrand se nuwe gr 8’s

Die Poortloop-tradisie is amptelik voortgesit by Hoërskool Riebeeckrand.

Hoërskool Riebeeckrand het hulle nuwe graad 8-leerders welkom geheet tydens hul trotse en tradisionele Poortloopseremonie op 9 Februarie.

Gr 8-leerders Megan Erasmus en Kgatliso Mojanaga. Foto ingestuur.

“Ons nuwe graad 8-leerders het trots deur Riebeeckrand se poort gestap waar hulle hul waardige posisies aan boord die Rierand-skip ingeneem het. Die leerders word hartlik deur ons hoof, Annelize van den Berg, die skool se beheerliggaam asook ‘n skare van opgewonde leerders verwelkom,” het Carina Collins, bemarkingsbeampte vir die skool gesê.

Hoof Annelize van den Berg verwelkom leerders. Foto ingestuur.

Sy het verduidelik die tradisie van die Poortloopseremonie bestaan reeds van 1998 af by die skool en word van hoë waarde geag. Sy het genoem die poort is simbolies van sekuriteit, standvastigheid, eerbiedigheid en trots.

“Dit is voorwaar ‘n groot eer vir ons leerders om die poort te betree, vol moed en hoop vir die toekoms,” het Carina gesê.

Die hoof, Annelize van den Berg, saam met die skool se gelukbringer Cappie. Foto ingestuur.

Sy het afgesluit, “Ons wens ons graad 8’s ‘n suksesvolle 2024 toe en ons kan nie wag om te sien watter hoë hoogtes julle vanjaar gaan bereik nie!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button