Valentynsdag: RAM en Riebeeckrand leerders gesels oor liefde

Die spesiale dag word deur oud en jonk gevier en watter beter manier as om dit saam met jou gesin deur te bring?

Woensdag, 14 Februarie is ‘n dag waarop almal ‘n tydjie eenkant sit om die spesiale persoon in hul lewe te bederf en geliefd te laat voel.

Hoërskool Riebeeckrand en Laerskool Randfontein het juis van dié geleentheid gebruik gemaak om hul mooiste en oulikste rooi klere te pronk en oor liefde te praat en selfs ‘n bietjie liefde uit te deel.

Lerizé Pruis het gesê, “Valentynsdag gaan vir my oor liefde en ek gaan my lekkers baie geniet.”

Lerizé Pruis.

“Ek het kaartjies wat ek vir my mamma en pappa gaan gee,” sê Alex Eloff.

Francois Laubser het gesê, “Valentynsdag laat my dink aan Cupido. Dit gaan nogal gepaard met my reputasie as ‘gelukbringer vir paartjies’. Ek voel dis ‘n dag waar mens die baklei en negatiewiteit eenkant toe stoot en mekaar eerder waardeer en lief te hê.”

Francois Laubser.

McKayla van der Walt het gesê, “Dis ‘n spesiale dag om vir jouself lief te wees. Instede daarvan om te wag dat iemand vir jou iets koop, kan jy vir jouself iets koop.”

Marguerite en McKayla van der Walt.

Marguerite van der Walt het genoem, “Ek voel elke dag moet Valentynsdag wees. My groot planne vir die dag is om ‘n boek te gaan lees.”

‘n Paar Engelssprekende leerders het ook hul sê gesê.

Neo Kabai said, “February 14 is a day where love is occasionally celebrated worldwide. I don’t believe that Valentine’s Day should be celebrated by couples only, it should also be celebrated among family, among parents and those you love. That’s the main purpose for me and it is not just about loving a person you’re romantically involved with.”

Neo Kabai.

Chloé Khumalo added, “Valentine’s Day means a lot to many people, especially couples. However, I believe it is a day celebrating friendship and spreading kindness to the rest of the world.”

Chloé Khumalo.

Stuur ons jou Valentynsdag foto’s en ‘n kort beskrywing na randfonteinherald@caxton.co.za.

Exit mobile version