Ontmoet Riebeeckrand se top 15 atlete

Hoërskool Riebeeckrand se top 15 atlete is gereed vir die atletiekseisoen.

Hoërskool Riebeeckrand se top 15 atlete is onlangs aan die publiek voorgestel en was hulle reeds op 7 Februarie tydens Hoërskool Noordheuwel se Top 15-atletiekbyeenkoms in aksie.

Die top 15 leerders is Hassan Amed, Zander Viljoen, Danika Viviers, Jeandré Fourie, Peet de Bruin, Delarey van den Berg, Qaqambile Jama, Hope Lepholetsa, Nikah Nortier, Mickayleigh Pretorius, Janelle Murray, Elrezé Enslin, Ami-Jana Nortje, Melisca Wray en Stephen Joubert.

“Dit is vir Riebeeckrand prioriteit om atletiek in ons skool te bevorder en ons is trots op ons atlete hierdie seisoen. Hierdie dag staan as bewys dat ons atlete die sportveld met determinasie en toewyding aanpak,” het skoolwoordvoerder Carina Collins gesê.

Exit mobile version