Schools

Jannas-matrieks nou opgewonde oor hul toekoms

Jan Viljoen se matrikulante spog met uitnemende slaagsyfers.

Hoërskool Jan Viljoen High se matrikulante van 2023 se harde werk vrugte afgewerp.

Op 19 Januarie was die meerderheid van die graad 12-leerders tog angstig, maar hulle het gou van dit ontslae geraak toe hulle hul amptelike uitslae ontvang het.

Diego Geswind, Jaydan Rooskrantz en Deawan Zigelaar.

Diego Geswind, wie effens teleurgesteld in sy uitslae is, wou graag nog beter doen. Hy gaan wel steeds studeer, maar voordat hy universiteit toe gaan wil hy ervaring opbou deur te werk as ‘n diesel ingenieur.

Rochelle Groenewald.

Jaydan Rooskrantz het bevestig dat hy geslaag het alhoewel hy weet hy beter sou doen as hy verlede jaar net bietjie harder geleer het. Hy verduidelik dat hy graag so vinnig as moontlik wil studeer, maar hy moet eers werk sodat hy kan spaar vir tersiêre onkostes. Jayden gaan na Jannas verlang met ‘n seer hart. Dit is hartseer vir hom om vir sy vriende en die sportaktiwiteite totsiens te sê.

Boas Bendzone.

“Ek is verskriklik bly oor my uitslae. Ek het effens gestres, maar die angstigheid was die moeite werd. Dit is lekker om uiteindelik klaar te wees met my hoërskoolloopbaan. Ek is dankbaar om hierdie nuwe pad saam met my vriende te stap,” het Jason Nienaber gesê.

Jason Nienaber en Junior du Rand.

Junior du Rand het beklemtoon dat hy gelukkig is met sy uitslae. Hy wil graag hierdie jaar staalwerk uitoefen by Potch of in Randburg. Alhoewel hy dankbaar is dat hy geslaag het, is hy ook hartseer om sy skool te verlaat. Tog kan hy nie meer wag om die wêreld in te tree met ‘n werk nie.

Gavin Vermaak.

Nog ‘n leerder vertel dat hy sielsgelukkig is dat hy sy uitslae ontvang het. Gavin Vermaak is trots op die werk wat hy deur die jaar ingesit het. Hy wil baie graag kwalifiseer om meganiese arbeid te doen.

Dewald van Niekerk en Llewhellyn Pretorius.

Dewald van Niekerk huiwer nie om besig te bly nie. Hy het dieselfde dag van sy uitslae ‘n onderhoud gehad by ‘n motorhandelaar as ‘n werktuigkundige.

“Ek is baie gelukkig met my uitslae. Alhoewel ek my vriende gaan mis, is ek baie opgewonde om skool te verlaat,” het Llewhellyn Pretorius vertel.

Hy wil graag gaan studeer om ‘n kraan-tegnikus te word.

Shannon Codison voel dat sy beter kon doen, maar algeheel dink sy dat sy goed presteer het. Shannon wil graag haar eie sielkunde besigheid stig nadat sy sielkunde gaan studeer het.

Karabo Molete, Realeboga Moteane, Buhle Mabona and Mamello Mapena.
Chené Zeelie.
Angelique Ayres en Dominique Lensley.

Related Articles

Back to top button