Schools

Rappies se graadeentjies stel hulself voor

Laerskool Rapportryer verwelkom die opgewonde graad 1-leerders op hul eerste skooldag.

Laerskool Rapportryer se graad 1-leerders het geklim, geklouter en gesels op hul eerste amptelike dag van skool.

Groentjie Bertus Pretorius het gesê dat hy baie tuis voel by die skool. Hy weet klaar hoe graad 1 werk en sien uit om gereeld met sy maats te gesels, klim en klouter. Sy gunsteling vak is Wiskunde en hy sien uit na die som-uitdagings.

“Ons gaan baie speel want ek hou van maatjies,” het Bertus met ‘n groot glimlag vertel.

Caroline Herbs.

Beninda en Charl Johansen is een van baie tweelinge wat hierdie jaar met graad 1 begin. Beninda vertel dat sy die meeste uit sien vir die snoepie. Sy wil graag al die toffies in die snoepie koop. Alhoewel graad 1 vir haar baie lekker gaan wees, vertel Beninda dat sy nie baie hou van huiswerk nie. Sy vertel dat graad 1 leerders elke dag baie huiswerk kry. Sy wil graag hierdie jaar leer hoe boeke gemaak word.

Net soos sy suster hou Charl baie van die snoepie. Hy wil hierdie jaar as ‘n graad 1-leerder baie aartappelskyfies en suigstokkies koop. Hy wil leer hoe om ‘n boer te word.

Lukas Heyns.

“Ek het baie lank gewag om in graad 1 te wees. Ek kan nie wag om maatjies te maak nie,” voeg Charl by.

Hanrich Pretorius is slegs ‘n bietjie opgewonde omdat hy nie baie van skool hou nie. Hy vertel dat wanneer hy skool toe gaan, moet hy die hele dag werk. Sy gunsteling aktiwiteit by die skool is om te bak en brou.

“Bak en brou is as jy suiker plak op papier om prentjies te maak,” verduidelik Hanrich.

Lené Masser en Zoë Meyer.

Zoë Meyer is baie opgewonde om maats te maak. Sy sien uit om op die klimraam te speel met al die maats wat sy gaan maak. Sy vertel dat graad 1 moeilik gaan wees omdat sy gaan leer om te skryf.

Albertus Matthysen sê dat graad 1 vir hom sover baie lekker is. Daar is meer as genoeg speel plek en daar is baie werk om te doen in die klasse. Volgens Albertus gaan graad 1 vir hom baie maklik wees.

Hanrich Pretorius hou daarvan om te swaai.

Die graad 1’s is opgewonde vir hul eerste skooldag, maar Ava Scott vertel dat sy nie so opgewonde soos die res van die leerders is nie. Sy is bang omdat dit ‘n groter skool is. Alhoewel Ava angstig is vir die groot skool en nuwe werk, laat sy haar nie onder kry nie.

“Ek sal eendag hou van graad 1,” sê sy.

Ava het klaar ‘n nuwe maat gemaak en sy kan nie wag om by die snoepie suigstokkies te koop nie. Elke week op ‘n Vrydag kry Ava R50 om vir haar lekkernye te koop.

Dion Breedt.
Amoné en Miané Labuschagne.
Milah Lubbe.
Charl Johansen.

Miné Pretorius.

Related Articles

Back to top button