Ramkriekies verwelkom nuwelinge, spog met nuwe klasse

Ramkriekies-kleuters, asook onnies, sien uit na 'n besige nuwe jaar.

Laerskool Randfontein spog nie net met nuwe kleuters op die eerste dag van skool nie, maar ook met nuwe klasse.

Mieka Botha is drie jaar oud en speel graag saam met haar maats.

Volgens juffrou Annelie Grobbelaar is die kleuterskoolkinders, asook onnies, baie opgewonde om skool te begin.

Joshua Malan geniet sy eerste dag van graad RR.

“Ons sien uit na ‘n besige nuwe jaar en ons as Ramkriekies-personeel weet dat 2024 ‘n wonderlike jaar gaan wees. Ons leuse is ‘Ons lewe in die lig’ en ons gaan presies dit doen. Ons gaan in die lig lewe en wys dat elk een van ons baie spesiaal is,” het Annelie glimlagend verklaar.

Driejarige Kiara-Lee du Plessis vertel dat sy al groot genoeg is om in haar eie bed te slaap.

Sy het bygevoeg, “Daar is baie nuwe klasse en dit het bygedra tot die opgewondenheid. Kom kyk gerus hoe ons leer!”

Aneldri van Vuuren is baie opgewonde om weer skool te gaan.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version