RAM graad 1-leerders sielsgelukkig op eerste skooldag

Laerskool Randfontein se gr 1's het hul eerste skooldag op 16 Januarie geniet, blou potlood en al.

Laerskool Randfontein se nuwe graad 1’s was opgewonde vir hul eerste dag van grootskool en dit wat voorlê.

• Lees ook: VIDEO: RAM se Graad sewes opgewonde oor nuwe skooljaar

Dit was duidelik tydens die Randfontein Herald se besoek by die skool op die groentjies se eerste amptelike skooldag op 16 Januarie.

Braeden Lombard.

Leerder Janica de Lange het vertel hoe opgewonde sy is om vanjaar in graad 1 te wees en gesê sy sien baie uit om haar nuwe maats te leer ken en nuwe juffrou te sien. Sy kan nie meer langer wag om te skryf of nuwe dinge te leer nie. Janica se ma, Poppie Greyling het bygevoeg dat sy die opgewondenheid met haar dogter deel.

Poppie Greyling en Janica de Lange.

Dit is ‘n werklike eer om te sien dat ons kind so vinnig groot word.

“Graad 1 is ‘n baie groot stap in ‘n kind se lewe en daarom is ons baie trots om te sien dat sy so braaf die skool intree,” het Poppie vertel.

Nog ‘n graad 1-leerder Lwethu Mathebula sê sy was effens angstig maar tog bly om te sien dit is nie so erg nie soos wat sy gedink het nie. Sy sien wel nie uit na wiskunde nie. Lwethu se ma, Zanele Sibisi het bygevoeg dat Lwethu se eerste skooldag as ‘n graad 1 oorweldigend was en alhoewel dit moeilik is om haar te los, moet sy besef haar kind is nou groot.

Zanele Sibisi en Lwethu Mathebula.

Sophia Mabeo is nog ‘n trotse mamma wat haar tweeling-dogters Botshelo en Bontle Mabeo skool toe gebring het.

“As ‘n ma kan ek nie glo dat my twee dogters reeds op hierdie stadium van hul skoolloopbaan is nie. Ons is baie opgewonde om die skooljaar aan te pak.”

Sophia Mabeo neem ‘n foto saam haar tweelingdogters, Bontle en Botshelo.

Verder sien leerder Braeden Lombard baie uit om te leer skryf soos net ‘n graad 1-leerder. Hy is slaggereed vir die skooljaar en sy gunstelling skryfbehoefte is sy groot blou potlood.

Alhoewel leerder Liamé Pienewald skaam voorgekom het, het sy nie gewik of weeg om aan die werk te spring nie. Sy het met haar helder oë haar naam geskryf en haar vingerafdruk met trots op ‘n papier gesit.

Liamé sal hierdie dag vir baie lank onthou,” het haar ma Monique Pienewald gesê.

Liamé Pienewald.
Tweeling-susters Caylee en Megan Odendaal besig om hare te vleg.

Skoolhoof Leon Haupt het die volgende boodskap gehad vir elke nuwe graad 1-leerder.

“Laerskool Randfontein is baie opgewonde oor elke maatjie wat ons vanjaar gekry het. Dit is net pragtige kinders wat vanjaar by ons aansluit. Ons hoop dat hierdie kinders gelukkig kan wees, presteer en vinnig inskakel. Die belangrikste vir Laerskool Randfontein is dat ons leerders gelukkig is. Ons wil nie die skool ‘n strafkamp maak nie, maar eerder ‘n plek waar leerders gekoester word,” het hy gesê.

Alex Eloff hou baie van sy nuwe inkleurboek.
Zintle Ndletyana maak haar dogter, Ntando, se kraag reg vir die eerste dag van gr 1.
Exit mobile version