Hier is hulle, al Rappies se leiers vir 2024

Die lang wag is verby en is Laerskool Rapportryer se leiers vir volgende jaar aangewys.

Laerskool Rapportryer het onlangs en met trots hul nuwe leiers vir 2024 aangekondig.

Volgens dienstebestuurder Esmé Botha word leier gekies om ander te inspireer en natuurlik hul rol met liefde en passie te vervul omdat hul streef om ‘n verskil te maak.

Al die Rappies-leiers vir 2024. Foto ingestuur.

Wat die hoofleiers aanbetref is Chloe Coombes as hoofdogter aangewys en Hanno Human die hoofseun. Shilo Sale en Zenelle Ehrke is die onderhoofdogters terwyl Gert Brits en Dylan Adlem die onderhoofseuns is.

“Baie geluk aan elke leerder wat verkies is tot hierdie groep uitstaande kinders. Julle is ons beeld na buite en die hoof, personeel en mede-skoliere is baie trots op julle,” het Esmé bygevoeg.

Exit mobile version