Schools

Oud-Rappie ploeg terug

'n Voormalige leerder van Laerskool Rapportryer deel sy belangstelling vir kwantumsensors met Top 20 presteerders.

Voormalige Laerskool Rapportryer-leerder Jonathan Rabe, wat tans in die VSA is, het onlangs ‘n aanlyn aanbieding vir die skool se Top 20 presteerders in graad ses en sewe aangebied.

Jonathan het die aanbieding uitgevoer vanuit Amerika waar hy tans werk en navorsing oor kwantumsensors doen.

Hy het vertel oor hoe sy skoolloopbaan by Laerskool Rapportryer begin het, waarna hy sy skoolloopbaan by Hoërskool Riebeeckrand voltooi het. Daarna het Jonathan groot aanslag met sy tersiêre studies in Stellenbosch gemaak. Hy is tans besig by die North Carolina State University om sy doktorale studies in hierdie veld te voltooi.

Bo en behalwe dat Jonathan toegewy bly aan sy studies, het hy ook die maatskappy Nuvetech gestig. Hierdie besigheid spesialiseer in die bou van stroombane.

Jonathan is mal daaroor om te vlieg en het hy tussendeur sy studies en navorsing sy vlieglisensie suksesvol voltooi.

Hy het beklemtoon dat dit belangrik is om boek te lees aangaande die leerders se belanstellingsveld.

Dienstebestuurder van Rapportryer, Esmé Botha het Jonathan bedank vir die tyd en belangstelling wat hy vir die leerders uitgesit het.

“Rappies is baie trots op jou,” het Esmé gesê.

Related Articles

Back to top button