Schools

Talle RAM-leerders haal SA-proewe in jukskei

Laerskool Randfontein se jukseispan spog met talle uitblinkers wat binnekort aan die SA-proewe gaan deelneem.

Talle jukskeispelers van Laerskool Randfontein is gekies om die Wes-Rand span te verteenwoordig tydens die opkomende Suid-Afrikaanse proewe.

Hulle is Stiaan Bosch, Miya-Lee Viljoen, Miané Kloppers, Chazé Viljoen en Kiara Smyth.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat alhoewel jukskei nie die mees bekendste sportsoort is nie, word RAM-leerders uitgedaag om die tradisionele sport met entoesiasme aan te pak en deel te neem.

Volgens Annie is die span so toegewy dat die spelers hul eie kreet uitgedink het.

Op 13-jarige ouderdom is Chazé Viljoen as kaptein van die o16 Wes-Rand-span aangewys en Annie het meegedeel dat dit ‘n besonderse prestasie vir ‘n laerskool-leerder is.

Die Suid-Afrikaanse proewe vind plaas vanaf 8 tot 15 Desember in Kroonstad.

“Baie geluk aan elkeen van ons spelers en afrigters. Ons is super trots julle. Julle het jul uitstekend van jul taak gekwyt,” het Annie vertel.

Related Articles

Back to top button