Schools

Eerste sewestoernooi ooit deur RAM aangebied

Laerskool Randfontein, Westgold en Dr Havinga van Roodepoort het onlangs koppe gestamp tydens RAM se eerste sewes rugby toernooi ooit.

Laerskool Randfontein het onlangs geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer ooit ‘n sewes rugby toernooi aanbied.

Op Woensdag, 8 November het drie laerskole naamlik Westgold, Dr Havinga en die gasheer RAM onder leiding van Tarquin Mulder die geleentheid ten volle aangegryp en mekaar die stryd aangesê.

RAM se o13-span.

Volgens skoolwoordvoerder Annie Nolan was twee ouderdomsgroepe in aksie op die dag die o12’s en o13’s.

“Die dag was werklik ‘n groot sukses en baie geluk aan Westgold wat as die wenners weggestap het.”

Tyron Parrott.

Tarquin het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die borge vir die jaar se rugby te bedank. Hulle is AJ Boerderye, Adesign Investments, Professional Fine Designs, Fire matic, Recklessbear, Elmac Agri en Cartridge Cave.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button