Schools

Rappies spog met uitsonderlike kultuur prestasies

Laerskool Rapportryer is as Nasionale Kultuurskool van die Jaar aangewys.

Laerskool Rapportryer is op Saterdag, 4 November aangewys as Nasionale Kultuurskool van die Jaar.

Saterdag was die finale Allegretto Nasionale prysuitdeling vir 2023 wat by Laerskool Rapportryer gehou was. Die nege provinsies het aan die Allegretto deelgeneem reg deur die jaar by verskillende sentrums regoor die land. Laerskool Rapportryer word beskou as ’n Allegretto Sentrum vir Gauteng-Wes.

Tydens Inter Provinsiale geleenthede het talle leerders die kans aangegryp en in verskillende genres deelgeneem.

Die leerders het daarna deurgedring na verskeie gala-geleenthede. Leerders van Laerskool Rapportryer asook leerders van omliggende laer- en hoërskole en verskeie leerders van ander provinsies kon op 4 November met hul toekennings en trofeë spog wat hul ontvang het.

Juffrou Beverley Brandt, kultuur-organiseerder by Laerskool Rapportryer is ook as Nasionale Provinsiale Verteenwoordiger aangewys.

Rappies daag nou ander instansies uit om aan Allegretto deel te neem en verskaf kontakbesonderhede. Indien enige skool of instansie hierby wil aansluit kontak 011 412 2804 of stuur ‘n epos na rapwen@mweb.co.za of rapwen@rapportryer.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button