Schools

RAM se 2024 leiers aangekondig

Laerskool Randfontein maak hul leiers en hoofleiers bekend vir 2024.

Annie Nolan, woordvoerder van Laerskool Randfontein, het vertel dat die verkiesing van 2024 se leiers ‘n deursigtige proses van aansoeke, bekendstellings-toesprake en persoonlike onderhoude was.

‘n Totaal van meer as 40 leerders is as leiers gekies, waarvan die hoofleiers ingesluit is.

Volgens Annie is ‘n pragtige seremonie aangebied om die nuwe leiers vir 2024 in te huldig. ‘n Eed is dus afgelê tydens die seremonie waar hul dit saam met hul ouers onderteken het. Na groot afwagting was die hoofleiers vir 2024 aangekondig en met ‘n seremoniële kers ingehuldig.

Shaylin Potgieter is as hoofdogter aangewys en Johan de Beer as hoofseun. Beide Maddison Broodryk en Ja’nique Potgieter was bekendgestel as onderhoofdogters terwyl Wandre Phillips en Dian van Heerden die onderhoofseuns is.

Related Articles

 
Back to top button