Schools

RAM-kleuters vermaak met Hollywood-konsert

Laerskool Randfontein se kleuters vermaak met Hollywood-konsert.

Laerskool Randfontein se kleuterskool-eerders, die RAMkriekies, het verlede week ‘n spoggerige Hollywood-konsert opgevoer.

Op 2 November was daar nie ‘n plek vir ‘n muis nie en het familielede na die skool gestroom om dansende kleuters op die verhoog te aanskou en af te neem. Voor die konsert begin het, het die hoof van RAM-kleuterskool bedankings gegee aan die borge, asook elke juffrou wat betrokke was by die choreografie, naamlik die konsert-organiseerder juffrou Annalie Grobbelaar en dekor-organiseerder juffrou Henriette Kuipers.

Dante Barnard, Onthathile Morake, Melindie Buys, Jamie-Lee Meades, Callum Caldeira (twee- tot driejariges) met Shrek as tema-fliek.

Yolandi Vermeulen en Cayle Nel, twee studente-onderwysers, het die konsert geopen met ‘n toneelstuk waar hul gekommunikeer het oor die effekte van modder op jou vel. Nadat die toneel-debat afgehandel is, is die eerste groep kleuters verwelkom met die tema van die bekende fliek, Shrek.

Die daaropvolgende temas was bekende tekenfilms onder andere The Lion King, The Princess and the Frog, The Croods, Moana, Alvin and the Chipmunks, Trolls, Sing en Madagaskar. Yolandi en Cayle het as fortuinsoeksters opgetree.

Related Articles

Back to top button