Schools

RAM-leerders spel en presteer

RAM-leerders Micke Rogers en Bihan Potgieter het onlangs deelgeneem aan die Afrikaanse spelling- en begripsleeskompetisie waar hulle toegewyd presteer het.

Laerskool Randfontein-leerders Micke Rogers en Bihan Potgieter het onlangs hul spelvaardighede tot die uiterste beproef en nie teleurgestel nie.

Leerders van verskeie skole neem jaarliks aan spelling- en begripsleeskompetisies deel en die bou van taalkennis word aangespoor.

Annie Nolan, skoolwoordvoerder, vertel hoe leerders se woordeskat en taalgebruik al hoe meer agteruitgaan as gevolg van moderne tegnologie se toepassings en daarom fokus Laerskool Randfontein om hierdie swak gewoontes by leerders af te leer met spelling- en begripsleeskompetisies.

Tydens die distrik se Afrikaanse ‘spel-a-thon’ en ‘reading comprehension’ kompetisies het Micke en Bihan albei ‘n eerste plek behaal en deurgedring na provinsiale kompetisies, wat op 13 Oktober plaasgevind het, waar beide leerders weereens eerste plekke geneem het.

“RAM en al die personeel is uiters trots op die leerders,” vertel Annie.

Micke het aan die Afrikaanse begripsleeskompetisie deelgeneem en sy het haar uitdagings te kenne gegee.

“Dit was ‘n baie ingewikkelde storie oor ‘n kuier by ouma en hoe om mense te help. Die vrae was baie moeilik. Ek moes mooi dink oor my antwoorde,” het Micke vertel.

Bihan het aan die Afrikaanse spellingkompetisie deelgeneem. Hy vertel dat daar baie woorde was en dat party moeiliker as ander was. Die moeilikste woord vir hom was ‘boerdery’ en die maklikste was ‘mooi’.

Related Articles

 
Back to top button