Lewensredders by RAM gekweek

'Ons leiers is altyd daar waar ons hul benodig en om hul pligte uit te voer.'

Die leiers van Laerskool Randfontein het onlangs geleer hoe om hul mede-leerders te help in ‘n nood situasie.

• Lees ook: RAM leer hoe om lewens te red

Een van die leiervoogde, Chanel Rautenbach het verduidelik dat leierontwikkeling ‘n groot rol speel in die jaar wat leerders as leiers optree.

Ons streef daarna om ons leiers te ontwikkel sodat hulle met die nodige vaardighede, nie net die hoërskool nie, maar ook die lewe kan aanpak.”

Vanjaar se leiers het in Mei ‘n noodhulpkursus bygewoon wat deur ActServ Solutions – Advisory, Consultancy and Training – aangebied is.

“Die kursus was baie insiggewend en die leiers was gewys hoe om kardiopulmonêre resussitasie, beter bekend as KPR, toe te pas asook hoe om wonde te verbind.”

• Lees ook: Riebeeckrand-leerders leer hoe om lewens te red

Die leiers is in twee groepe van 20 verdeel onder die leiding van hul leiervoogde, Chanel en Reinette Herbst.

Laerskool Randfontein se leiers het onlangs aan ‘n noodhulpkursus deelgeneem. Foto ingestuur.

Chanel het vertel dat die een groep dadelik met die kursus afgeskop het terwyl die ander groep gesellig met mekaar verkeer het om mekaar op ’n sosiale vlak beter te leer ken.

Ons leiers is altyd daar waar ons hul benodig en om hul pligte uit te voer. Dit is lekker om ook aan hulle terug te gee en te weet dat hulle opgebou en ontwikkel word.”

Hulle wil ook vir Dr Johan Naude van die Randfontein Diere Hospitaal bedank vir die borg van die leiers se noodhulpsakkies.

Clarissa Rapapali, Mbali Fani en Megan Erasmus. Foto ingestuur.
Michael Lombaard en Carmi Potgieter met hul noodhulpsakkies. Foto ingestuur.
Exit mobile version