RAM kroon Mnr en Mej Rammie 2023

Talle beeldskone Rammies was onlangs gekroon tydens Laerskool Randfontein se Mnr en Mej Rammie-kompetisie.

Laerskool Randfontein het onlangs hul Mnr en Mej Rammie-kompetisie aangebied en die wenners vir 2023 gekroon.

Die spoggeleentheid is gereël deur Reinette Herbst, Sanrie Nell en Diane Matthews. Een van die organiseerders, Reinette, het vertel dat die skoolsaal in ‘n wonderland verander is en mense kon behoorlik agteroor sit en hulself in ‘n sprokiesland inleef.

• Lees ook: Mnr en Mej Rammie 2019 is…

Die program was gelei deur Altus Venables en was van hoogstaande gehalte wat danse, komedie en hope talent op die loopplank ingesluit het.”

Sy het vertel dat die beoordelaars ‘n baie moeilike taak op hul hande gehad het en natuurlik gewens het dat elke leerder kon wen.

Robbie van Coller, oftenwel die Mad Hatter vir die aand. Foto: Status Studio.

Die wenners is soos volg:

• Mnr Petite – Rossouw Fourie
• Mej Petite – Lenicke van Staden

• Mnr Junior – Bihan Potgieter
• Mej Junior – Cayra-Lee Bodington

Brandon Reid, Rossouw Fourie en Johandré Coetzee. Foto: Status Studio.

• Mnr Senior – Eben Nel
• Mej Senior – Cherise vd Merwe

• Mnr Superieur – Alexander Behr
• Mej Superieur – Tay Nel

Lenicke van Staden. Foto: Status Studio.
Laerskool Randfontein het onlangs hul Mnr en Mej Rammie-kompetisie gehou. Foto: Status Studio.
Exit mobile version