Twee dansers van Riebeeckrand beïndruk in Kroasië

Hul het hulle land met trots gaan teenwoordig by die Dance Star wêreldkampioenskappe in Kroasië.

Hoërskool Riebeeckrand is trots op twee van hul leerders wat aan die Dance Star World-kampioenskappe deelgeneem het.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het vertel dat Thakgalo Sello (graad 9) en Rianell Bezuidenhout (graad 8) hul land met trots verteenwoordig het.

• Also read: Dance Hub Company produces world champions

“Thakgalo het sewende geëindig uit 25 dansers in sy ouderdomsgroep en algeheel twaalfde plek gehaal. Rianell het Suid-Afrika met haar solo verteenwoordig in die Junior Urban Dance Style-kompetisie. Sy het dus haar afdeling gewen en is as die Junior Solo wêreldkampioen gekroon.”

Carina het verduidelik dat hul verskriklik trots is op hul twee dansers en dat dit ‘n groot eer en voorreg is om hul land by sulke gesogte geleentheid te verteenwoordig.

• Also read: Youngster dances her way to the top in Croatia

Exit mobile version