Kleuters sê dankie aan elke ma

'Ons mammas gee elke dag maar ontvang nooit. Ons glimlag elke dag wanneer ons kinders ons naam roep' – skoolhoof van Little Angels Dagsorgsentrum.

Die kleuters van die Little Angels Dagsorgsentrum het onlangs Moedersdag gevier deur vir elke mamma ‘n spesiale geskenk te maak.

• Lees ook: Little Angels-kleuters vier heerlike Paasfees

Skoolhoof Chevonne Buitendag het vertel dat hul dit gedoen gedink het om dankie te sê vir al die mammas en die liefde wat hulle aan die kinders gee.

Ons mammas gee elke dag maar ontvang nooit. Ons glimlag elke dag wanneer ons kinders ons naam roep.”

Sy het vertel dat dit vir haar die grootste eer is om ‘n mamma te wees van drie dogters en om hulle te sien groei en elke dag van Jesus te leer.

“Maar so ook elke kleuter wat in my kleuterskool is. Ek geniet dit om elke dag deel te wees van die kind se groeiproses en is dit vir my so kosbaar wanneer my kleuters my ‘Ma Von’ noem.”

• Lees ook: Little Angels vier Valentynsdag

Sy het vertel dal elke kind wie in hul sorg geplaas word en wie die Here aan elke mamma toevertou het, is deur God gestuur.

God het ‘n plan,” het sy afgesluit.

Exit mobile version