Rappies-leerders lus vir rugby en netbal

'Die talent vanjaar was uit die boonste rakke en is alle spanne hard aand die oefen' – skoolwoordvoerder.

Meer as 200 seuns en dogters het onlangs aan Laerskool Rapportryer se jaarlikse massa rugby- en netbaldag deelgeneem.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die dag baie suksesvol was.

Ju-Marie Swanepoel (doel) in aksie. Foto ingestuur.

“Die talent die jaar is uit die boonste rakke en alle spanne is hard aan die oefen. Die toerspanne is ook gekies wat in die Maart skoolvakansie op hul onderskeie toere sal vertrek.”

Sy het vertel dat die rugby van die dag afgesluit is met ‘n pa en seun braai waar ouers, seuns en afrigters mekaar beter leer ken het.

Duran Crous steel die bal by Jayden Arlow. Foto ingestuur.

“Ons as Rappies sien uit na die rugby- en netbalseisoen van 2023. Mag elke leerder net hul beste gee en leer om die sport te geniet.”

Zanita van Staden teen Ildre Lourens.
Exit mobile version