Jannas vier 85ste bestaansjaar

'Later sou die skool trots bekendstaan as Hoërskool Jan Viljoen vir beide tegniese en akademie inskrywings om matriek te voltooi' – Onderwyser.

Die leerders van Hoërskool Jan Viljoen het op Vrydag, 17 Februarie hul skool se 85ste verjaarsdag gevier deur die nommer 85 op die skool se vierkant uit te beeld.

Onderwyser Rudi van Wyk het vertel dat hul die skool se bestaansjare op verskeie maniere vier regdeur die jaar.

“Die hoeksteen van die hoofgebou is op 23 November 1938 deur JB Mackenzie gelê en die argitekte was Gordon Leith en Vennote.”

Hy het ook ‘n bietjie geskiedenis van die skool se bestaan gegee – die skool is amptelik op 18 Oktober 1939 geopen deur die destydse burgemeester van Randfontein, Mnr MN Smith as ‘n Tegniese College wat sou doseer in beide Afrikaans en Engels.

Die skoolgeboue staan as bakens in die gemeenskap. Foto: Gareth Farinha.

“Later sou die skool trots bekendstaan as Hoërskool Jan Viljoen vir beide tegniese en akademie inskrywings om matriek te voltooi.”

Rudi het verder vertel dat die skoolgeboue ‘n baken in Randfontein is en het oor die jare duisende leerders by die voordeur laat instap en hulle gevorm tot volwaardige landsburgers van hulle gemeenskappe.

“Ons doen ‘n beroep op alle oud-Jannas leerders om deel te vorm van die skool se feesvieringe en hulle weer op te roep tot ons leuse – Labore ad lucem [Deur Arbeid na Lig] en deel te vorm van die 85ste Feesjaar.”
Kontak gerus die skoolkantoor op 011 693 5204 indien jy wil deel wees van die feesvieringe en reünie.

Exit mobile version