Riebeecrand-groentjies loop deur Poort

Elke Graad 8-leerder van Hoërskool Riebeeckrand stap na die inburgeringsprogram deur Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander beskou te word.

Talle opgewonde graad 8-leerders van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs deur die skool se Poort gestap om hul plek binne die skool te sement.

Skoolwoordvoerder Carina Collins het vertel dat vanjaar se Poortloop op Vrydag, 3 Februarie plaasgevind.

Die graad 8’s staan voor die Poort van Hoërskool Riebeeckrand. Foto ingestuur.

“Ons graad 8-leerders stap deur die Poort van Riebeeckrand na hulle inburgeringsproses. Dit is die tradisie wat Riebeeckrand elke jaar met trots vier om sodoende ons graad 8’s se plek binne die skool te sement.”

Skoolhoof Annelize van den Berg saam met die VRL-raad. Foto ingestuur.

Sy het verduidelik dat die leerders voor die Poort staan op die dag en die seniorraad is verantwoordelik om die Poort oop te sluit. Daarna word elke graad 8-leerder se baadjie aangetrek voor hulle die Poort instap.

Cappie (die skool se gelukbringer) het ook sommer deur die Poort gestap, hy is ook nou ‘n nuwe lid van die Rierand-familie. Foto ingestuur.

 

Daar word ‘n stewige handdruk deur die hoof asook die beheerliggaam aan elke leerder gegee voor hulle deur die Poort stap en dan offisieel deel van die trotse Rierander-familie word.

Exit mobile version