Primary SchoolSchools

RAM-leiers hou leierskamp in Kwaggasrus

Daar was lekker aktiwiteite om aan deel te neem en spanwerk geleer tydens RAM se 2023 leierskamp na Kwaggasrus net buite Brits.

Vanjaar se leiers van Laerskool Randfontein het die naweek van Vrydag, 27 Januarie tot Sondag, 29 Januarie ‘n opbouende leierskamp geniet.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat al 40 leiers deur vier onderwysers, onder leiding van Chanel Rautenbauch, na Kwaggasrus, net buite Brits vergesel is. Sy het vertel dat die weke, dae, ure en selfs minute afgetel was in afwagting van die groot avontuur.

Hoofseun Michael Lombaard. Foto ingestuur.
Mieke Oosthuizen, Kiana Potgieter, Klara Booysen en Elismarie O’Reilly. Foto ingestuur.

Die leierskamp is ‘n jaarlikse instelling, waartydens die graad 7-leiers opgelei word om as ‘n span saam te werk. Hul word ook geleer hoe om as ‘n leier op te tree en konflik te hanteer. Die leier- en persoonlike ontwikkeling wat plaasvind tydens die kamp is merkwaardig en kan dadelik gesien word na afloop van die kamp.”

Hoofseun Michael Lombaard het die kamp as ‘fantasties, pret en vreesloos’ beskryf.

“Vreesloos, want na jy daai groot spinnekoppe in die stort getrotseer het, was jy vir niks meer bang nie. Daar was baie lekker aktiwiteite, maar die lekkerste was om van die hoë stellasie in die dam te kon duik. Niks so lekker soos bietjie adrenalien deur jou are nie.

Luhandrè Harmse, Heinrich Laas, Ruben de Beer en Edrich Strydom. Foto ingestuur.
Henk Nolan. Foto ingestuur.

“Die grootste les wat ek tydens die kamp geleer het, was die waarde van spanwerk. By elke speletjie was dit nodig vir spanwerk om suksesvol te kon wees. ‘n Mens het al baie gehoor hoe belangrik spanwerk is, maar hier was dit ‘n geval van sien is glo. Hulle het my beslis oortuig!

Dit was regtig ‘n ongelooflike ervaring en ons wil graag baie dankie sê aan almal wat dit vir ons moontlik gemaak het. Ons sien uit om die jaar se take met entoesiasme aan te pak en as ‘n ‘mean team’ saam te werk,” het Michael gesê.

Luhandrè Harmse en Carmi Potgieter. Foto ingestuur.
Clerisse Allers. Foto ingestuur.
Carlo Jacobs en Elismarie O’Reilly. Foto ingestuur.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button