Kerswense vir 2022 van Laerskool Rapportryer hoof

Die hoof van Laerskool Rapportryer, André Kruger se Kerswense vir Randfontein.

Die Herald het by die hoof van Laerskool Rapportryer, Andrè Kruger gaan uitvind wat sy Kerswense vir 2022 aan Randfontein se gemeenskap is.

“Laerskool Rapportryer was die afgelope jaar passievol. Ons bied aan ons kinders die geleendheid om waarlik kind te wees. Akademie, sport en kultuur is die hoekstene en daarmee as fondament kan die leerders hulself handhaaf in ‘n samelewing wat baie hoë eise stel.”

Hy het vertel dat onderwysers, ouers en beheerliggaamslede hande gevat om van die jaar ‘n reuse sukses te maak en personeel belê in hulle kinders se selfvertroue.

“Hier word hard gewerk om sukses te kweek.

“Kersfees wil ons herinner dat God ons raaksien op hierdie reis. Dit is ‘n viering van God se groot genade en hoop. God het ons op hierdie pad as Rappie personeel, beheerliggaam, ouers en leerders aan mekaar gegee as reisgenote, om mekaar op te help en aan te spoor.”

“Ek wil graag aan ons gemeenskap van Randfontein, ‘n geseënde Kerstyd toewens. Mag die Here julle seën met ‘n Somerkersfees vol vrede, vreugde en dankbaarheid.”

Andrè het vertel dat hul saam uitsien na 2023 en mag almal as gemeenskap saam geïnspireer word deur God se drome vir Randfontein.

Rappie-groete

André Kruger
Hoof

Exit mobile version