Rappies Musiekskool spog met vele talente

45 van die musiekskool se leerders het onlangs aan RACA Eisteddfod deelgeneem.

Rapportryer Musiekskool spog met 45 leerders wat onlangs deelgeneem het aan RACA Eisteddfod.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat leerders kitaar, klavier, klawerbord, viool, tjello en sangitems gelewer het.

“Vanuit die 183 items, is die volgende sertifikate ontvang – agt goud, 56 platinum en 119 diamante.”

Sy het gesê dat die musiekskool ook spog met die volgende kategoriewenners – Elihle Bereng, Hesmari de Klerk, Khanyisile Mathunzi, Nelco Geldenhuys, Nelia Botha en Nompumelelo Dhlamini.

“Laerskool Rapportryer is trots op die prestasies van die musiekleerders en hul onderwysers Annalien du Plessis, Lizette Furstenberg en CJ Nel.”

Nelia Botha. Foto ingestuur.
Nelco Geldenhuys. Foto ingestuur.
Megan Jonker, Leanie Benecke, Raquel Goncalves, Nelia Botha en Dean Mans. Foto ingestuur.
Gaopalelwe Sithole, Johnathan Rautenbach, Hailey Jacobs, Dean Mans, Jayleen Mettam, Madison Dennis. Foto ingestuur.
Exit mobile version